Kennis is mag

Vir doeltreffende predasiebestuur is die boer se gereedskapskis, met al die metodes van beheer en bestuur 'n goeie vertrekpunt.  Daarmee saam is die kennis van die lewensiklus en gedrag van predatore net so noodsaaklik.  Sekere hulpmiddels in die gereedskapskis werk beter in sekere fases van 'n roofdier se lewensiklus as in ander tye.  Die regte bestuursmetode op die regte tyd gee die beste resultate.  Net so moet die boer se vee-, kudde- en veldbestuur by roofdiere se lewensiklus probeer aanpas om die minste moontlike verliese te ly.

Last modified onThursday, 06 November 2014 11:37