Ask our Expert

Vra vir Gerhard

Dr. Gerhard Verdoorn

Dr. Gerhard Verdoorn is hoof van die Griffon Gifinligtingsentrum en is ‘n kampvegter vir volhoubare voedsel- en veselproduksie in die konteks van ekologiese aanvaarbare praktyke. Hy sal altyd na die produsent se dilemma luister en die mees ekologies aanvaarbare bestuurstegniek aanbeveel om ‘n probleem te bowe te kom.  Skakel hom gerus by 082 446 8946.

 

Vra vir Gerhard

Hoe vang 'n mens 'n Rooikat in die Overberg?

Willem Coetzee soek advies oor die vangs van 'n probleemdier Rooikat wat verwoesting saai onder sy lammers in die Overberg.

Dr. Gerhard Verdoorn verduidelik prosedure puntsgewys hoe om ‘n Rooikat wat skade veroorsaak, te vang:

  1. Jy sal ‘n rooikatvanghok moet kry; vra onder die bure rond of iemand dalk een vir jou kan leen as jy nie alreeds een beskikbaar het nie.
  2. Maak die hok goed skoon met kokende warm water, veral die trapplaat.
  3. Probeer die rooikathok stel daar waar die kat rondbeweeg en veral as jy sy looppaadjie kan opspoor. Die hok moet langs sy looppad gestel word. Moet geen bedekking oor die hok plaas nie.
  4. Plaas lokaas soos karkasreste van ‘n lam wat gevang is, agter in die hok.
  5. Maak ‘n klein bolletjie van aluminiumfoelie so groot soos ‘n tennisbal en hang dit in die middel van die hok aan ‘n stukkie wol op.
  6. Probeer ‘n mak kat se uriene in die hande kry soos byvoorbeeld die sandboks wat mense vir hul katte gebruik. Sprinkel dit dan op die vloer van die hok.
  7. Neem ingewande soos skaaplewer en maak sleepspore na die hok toe vanuit verskillende rigtings van omtrent honderd meter ver.
  8. Plaas dan ook daardie lewer in die hok.
  9. Inspekteer die hok elke oggend vroeg om te sien of jy wel ‘n rooikat gevang het.

 Skakel Dr. Verdoorn by 0824468946 vir enige verdere navrae.