Ask our Expert

Vra vir Gerhard

Dr. Gerhard Verdoorn

Dr. Gerhard Verdoorn is hoof van die Griffon Gifinligtingsentrum en is ‘n kampvegter vir volhoubare voedsel- en veselproduksie in die konteks van ekologiese aanvaarbare praktyke. Hy sal altyd na die produsent se dilemma luister en die mees ekologies aanvaarbare bestuurstegniek aanbeveel om ‘n probleem te bowe te kom.  Skakel hom gerus by 082 446 8946.

 

Vra vir Gerhard

Voorstelle om verliese te beperk in areas rondom Soutpansberge

Beste Dr Verdoorn
Ons het 'n groot probleem met jakkalse, hienas, rooikatte en luiperds. Skaaplammers word bedags deur jakkalse gevang terwyl daar 'n herder by hulle is. Hierdie lamseisoen alleen het ons al 30 lammers verloor. Die heinings rondom gewasse, waar die diere bedags wei, het 'n volledige klipboord maar hulle bly deurkom. Hienas vang beeste 300m van die huis af. Het julle enige voorstelle om verdere verliese te beperk?

Antwoord:

Die probleem met roofdiere en vee in die area noord en Noordwes van die Soutpansberg is dat dit amper wildernis is en derhalwe as natuurgebied beskou word. Daar is ‘n gesonde aanbod van roofdiere en as mens daar met vee, veral kleinvee, wil boer sal jy die volgende in plek moet hê:

1. Elektrifiseer grensheining van veekampe met die nodige elektriese hoogspanning sodat dit die klein roofdiere soos jakkalse asook die groot roofdiere soos gevlekte hiënas en luiperds kan uithou. Maak ook seker dat daar nie bome is wat oorspringplek vir die boomklimmers soos luiperds is nie.

2. Skaf ‘n Anatoliese herdershond of twee aan vanaf telers wat in die landbousektor staan; dit help nie mens koop so ‘n dier by ‘n stedeling wat die hond nie tussen vee grootmaak nie. So ‘n hond is nutteloos. Die mense wat wel die honde reg teel en afrig waarborg dat die honde ‘n baie effektiewe demper teen predasie.

3. Gebruik in die krale of kampe waar vee wei klein transistorradio’s wat op verskillende plekke weggesteek word en luidkeels op verskillende stasies speel. Wissel die radiostasies af en skuif ook die radio’s gereeld rond.

4. Gebruik snags van die oranje noodligte wat elke dan en wan ‘n ligbundel uitstraal. Dit het ‘n baie sterk afwerende effek op roofdiere.