Ask our Expert

Vra vir Gerhard

Dr. Gerhard Verdoorn

Dr. Gerhard Verdoorn is hoof van die Griffon Gifinligtingsentrum en is ‘n kampvegter vir volhoubare voedsel- en veselproduksie in die konteks van ekologiese aanvaarbare praktyke. Hy sal altyd na die produsent se dilemma luister en die mees ekologies aanvaarbare bestuurstegniek aanbeveel om ‘n probleem te bowe te kom.  Skakel hom gerus by 082 446 8946.

 

Vra vir Gerhard

My honde is geskiet op eiendom van produsent - hoe gemaak ?

Telefoniese navraag:

Die eienaar van drie honde in Namakwaland se honde is almal deur ‘n produsent op die produsent se eie grond geskiet. Die honde-eienaar wou weet of hy enige aksie teen die produsent kon neem omdat hy gemeen het dat die persoon sy honde wederegtelik geskiet het.

Dit is ongelukkig so dat die produsent heeltemal binne sy eie regte opgetree het om die vreemde honde op sy eie grond te skiet om te voorkom dat die honde sy vee vang.  Die honde is ook op 'n plaas geskiet en dus het die produsent nie die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet no. 60 van 2000) oortree nie. 

Indien hy die honde op die eienaar van die honde se grond geskiet het, was dit ‘n ander saak wat waarskynlik op kwaadwillige saakbeskadiging en onwettige skiet van diere sou uitgeloop het.