Legislation - Northern Cape

Die huidige Noord-Kaap provinsiale wetgewing bestaan uit :

1) Noordkaap Natuurbewaringswet, Wet 9 van 2009  met spesie indeling soos volg:

Bylae 1 – Spesiaal beskermde spesies

Bylae 2 – Beskermde spesies

Bylae 3 – Gewone inheemse spesies

Bylae 4 – Diersoorte wat skade veroorsaak

Bylae 5 – Troeteldiere

Bylae 6 – Indringerspesies

2) Noordkaap Natuurbewaringsregulasies & Bylae

ASPEKTE RAKENDE DIE JAG VAN PROBLEEMDIERE:

Dit is belangrik dat die grondeienaar  heel eerste sy bestuurs-en boerderypraktyke objektief ondersoek en waar nodig, werkbare aanpassings maak om  skade en verliese deur probleemdiere te beperk. Waar voortdurende skade daarna steeds voorkom, is die antwoord gewoonlik daarin dat een of meer van verskeie jagmetodes en instrumente vanuit die arsenaal gebruik word en dan wel op die korrekte wyse deur ‘n kundige persoon. Alle moontlike metodes en instrumente moet gebruik word eerder as om uit desperaatheid onveranwoordilik met gif te handel.

JAG METODES EN INSTRUMENTE

Al die verbode Metodes en Instrumente (M&I) vir jag,  is gelys in Artikel 9 van NCNCA 9/2009.

Die Wet maak egter voorsiening vir die gebruik van sekere van hierdie verbode M&I, indien die gebruiker daarvan, vooraf behoorlik opgelei is, en by wyse van’n  permit gemagtig is om onderhewig aan streng gebruiksvoorwaardes, sulke M&I te gebruik vir jag.  Vir probleemdiere soos Rooikat en Rooijakkals maak die wet voorsiening vir die gebruik van sekere verbode jagmetodes en instrumente.

Die wet is so geskryf dat dit jaarliks aangepas kan word d.m.v. die jagproklamasie,  wat dit nie net baie meer gebruikersvriendelik maak nie, maar  ook  baie meer werkbaar vir die Owerheid om skielike aanpassings in veranderde omstandighede te maak.

Dus, die 5 verklaarde probleemdiere in die Noord-Kaap Provinsie (Bylae 4 – Bobbejaan, Blouaap, Bosvark, Rooikat en Rooijakkals) word sekere verbode jagmetodes naamlik die gebruik van (a) ‘n Kunsmatige lig (b) gedurende die nag (c) of met Vanghokke of (d) Slagysters asook (e) Honde en (f) ‘n Voertuig opgehef, dws toegelaat of gemagtig. Dit kan op kort kennisgewing aangepas word by wyse van die proklamasie. Onbeperkte getalle word toegelaat vir jag op hierdie spesies, maar is dit raadsaam om die geldige Jagproklamasie te raadpleeg.

PROBLEEMDIERJAGTERS

Elke persoon wie probleemdiere vir iemand anders jag (met of sonder vergoeding), dws die sogenaamde probleemdierjagters of “Vermin Hunter / Ongediertejagter” soos in die Wet genoem, moet by Noordkaap Natuurbewaring registreer (Sien Artikels 1, 27, en Regulasie 21-25 en 61-66).

PROBLEEMDIEROPLEIDING

Almal wie opleiding verskaf in probleemdierbeheer (ongeag die metode of instrument) moet vooraf goedgekeur en geregistreer word. Soos in die geval van Beroepsjagopleiding, word opleiding vir probleemdierbeheer slegs met ‘n permit gemagtig (Natuurlewe Operateurs – Sien Regulasies 21-25)

ALGEMEEN

Artikels 28 – 31 van die Wet stipuleer algemene bepalings wat geld vir probleemdiere.  Byvoorbeeld, die gebruik van gif word nie toelaat nie (Artikels 9 en 20), maar gifhalsbande kan wel onder streng permitbeheer en voorwaardes gebruik word.

NAVRAE VIR OPLEIDING

Navrae oor goedgekeurde kursusse:

Noord-Kaap Provinsie – Department Omgewing en Natuurbewaring

David Paulse, Adjunk Direkteur: Permit Administrasie  – Epos : permits@vodamail.co.za

Wessel Jacobs, Adjunk Direkteur:  Jag & Wildlewe Industrie  – Epos: ncph@vodamail.co.za

Latest from pmfsa

© 2023 All Rights Reserved.